Met die hele storie rondom my boetie se behandeling, en dat hy mal is oor krieket. Het ek hierdie e-mail gekry, en besluit dit is so gepas om dit die week te deel. Ek dink ons kan almal iets hieruit leer. Voor ek verder gaan, wil ek net se dankie vir almal wat my boetie se page gelike en geshare het. Deur dit te gedoen het, het ons sommer die heel eerste dag ‘n skenking ontvang. Dit is net amazing hoe groot God is. Hou gerus die plad dop, om my boetie se vordering te volg...
Die lewe is soos ‘n Kriketwedstryd!
Die lewe is soms soos ‘n krieketwedstryd. Skoongeboul of been voor paaltjie uitgegee. Dit klink mos onregverdig, is
my eerste gedagte. So is die lewe ook deurspek met op die oog af onregverdighede. Swaarkry en stakings, ongelukke
en hartseer. Soms voel jy en ek of die situasie net nie verander nie. Dit het my laat dink aan ‘n eendag
krieketwedstryd. As kolwer in die wedstryd het jy nie beheer oor die boulaanval nie, maar jy bepaal wel jou reaksie
en watter hou jy gaan speel. En hierdie stelling is so belangrik in die lewe en die groei van elke persoon!
Wat bepaal dus die kwaliteit van jou spel?
Die sinvolle gebruik van jou vryheid om keuses te maak. Koester die geleenthede wat jy as mens in die lewe kry om in
vryheid te kan leef en te kan kies.
· Fokus op jou unieke eienskappe en persoonlikheid. Ken jouself! Jy is JY!
Moenie probeer om soos iemand anders te wees nie. JY kan met jou pakkie wat God aan jou
uitgedeel het mense beïnvloed en mense sterker maak!
· Kies jou beste reaksie op die bal wat geboul word. Jy moet of verdedig of aanval. Daar word elke dag balle aan
elkeen geboul – soms gegooi! Wat gaan jy met die balle doen? Kom ons sê een van die balle is geleenthede – wat
doen jy daarmee? Verdedig jy waarom jy dit nie kan of kon doen nie, waarom dit te moeilik of onmoontlik gaan
wees – of vat jy dit en val daarmee aan! Doen iets daarmee!
· Hierdie reaksie maak van ‘n die swakste boulaflewering die beste bal vir ‘n kolwer en die swakste hou bring die
beste boulaanval navore. Wow!
· Begin elke keer weer nuut na ‘n verloorslag, gee weer alles soos in die spel van die lewe.
Dalk het alles in 2015 nie vir jou uitgewerk soos wat jy dit beplan het nie, maar begin oor! Gee weer alles
vir die spel van die Koninkryk van God!
· As jy herhaaldelik geboul word, moenie die skeidsregter die skuld gee nie, maar doen selfondersoek. Onthou as jy
aanhou iets doen wat nie die regte resultate lewer nie, vra vir jouself die vraag af of dit wat jy doen nog werk,
indien nie, soek na nuwe moontlikhede.
· Onthou sukses selfs op die sportveld, is soos die lewe, soms word jy geboul, soms slaan jy ‘n ses- die sleutel is egter
om aan te hou! HOU AAN OM IN DIE LEWE ‘N VERSKIL VIR GOD TE MAAK! Moenie moed opgee nie! Hou aan! Byt
vas!
· Die span kan net sukses behaal as hulle in eenheid staan en in eenheid beweeg en in eenheid veg. Is jy in “unity”
met die res van die God se kinders? Of staan jy eenkant die spel en dophou – dalk selfs kritiseer? Komaan –
eenheid gaan maak dat ons die wedstryd vir die Here wen!