(Gedeeltes geneem uit Kruispad se geselsie).
2 Korinthiërs 1:3-11, veral vers 11 sê:
Bid asseblief vir ons. Daarsonder kan ons glad nie ons werk vir die Here doen nie. Julle gebede maak dat baie ander mense ook begin bid. Hulle sal vir God dankie sê omdat Hy ons met sy hemelse gawes toegerus het sodat ons die goeie nuus aan hulle kan bekendmaak. Op hierdie manier werk al julle gebede mee aan die uitdra van die evangelie.
Ek kan my soms sit en verstom aan die mense wat by robotte en stopstrate staan en bedel. Party is bloot net arrogant, party is nederig, ander is bloot net apaties. Maar ek weet nie van jou nie – die meeste bedelaars maak my baie ongemaklik. Gewoonlik word hulle nood uitgespel (soms sonder enige spelvermoëns) – maar op omtrent almal staan daar: God bless you. Sommige is baie kreatief met hulle borde! Op een bord het gestaan: Let’s do lunch – you pay. Saterdag sien ons by ‘n robot in Pretoria ‘n tienerseun se bord: My parents were kidnapped by Ninja’s. I need money to go for karate lessons to free them. Heel kreatief – sit sommer ‘n glimlag op mens se mond! Mens wil sommer vir hom ietsie gee vir sy kreatiwiteit! Maar ek gee nooit vir hulle geld nie, want ek weet nie waarvoor die geld aangewend word nie – en ek wil regtig nie ‘n gom-snuif of drank- of dwlemmisbruik ondersteun nie. Daarom sal ek veel eerder geld gee vir geldige organisasies waar mens weet waarvoor die geld gaan en hoe dit aangewend word.
Maar feit bly staan – dié mense bly by robotte staan – WANT DIT WERK! In Primrose is ‘n jong broer en suster wat so by die robotte staan en bedel. En glo my – die kerke en die skole in die dorp het hulle al probeer afhaal van die strate af, het al vir hulle kos en klere en geleenthede om te bad gegee, het al vir hulle los werkies en blyplek gekry – maar as hulle sien, staan die twee weer by die robotte en bedel! Waarom?
WANT DIT WERK!! Mense gee geld en hou hulle sodoende op straat – voed hulle bedelaarsbehoeftes.
DIT WERK VIR HULLE! Aan die einde van elke dag het hulle genoeg geldjies om te koop waarvoor hulle ookal kollekteer (kos, drank, gom, dwelms, blyplek). En ek dink almal van ons het al stories gehoor dat van hierdie bordjie-mense baie geld per week en per maand maak! DIT WERK!
Ek dink Paulus het ook geweet wat werk en wat nie – en regdeur die Nuwe Testament lees ons in al sy briewe van goed WAT WERK! Hy het dit beproef en dit gedoen – EN DIT WERK! En nou moedig hy ons ook aan om dit te doen. En in hierdie gedeelte, veral vers 11, sien ons dat Paulus WEET dat GEBED
WERK! Persoonlike gebed vir onsself, maar dan ook wanneer ons vir ander mense of omstandighede behalwe ons eie bid. DIT WERK! Daar is krag in gebed. Jesus het dit vir die mense geleer toe Hy op aarde was, en van baba dae af het ek en jy dit al geleer – BID en vir jou sal gegee word. Maar soms twyfel ek en jy of dit gaan werk – of gebed werk. ‘n Bedelaar wat dag na dag by die robot staan twyfel nie – hy weet dit
werk – daarom hou hy aan om dit te doen! Ek dink tog dat hy of sy ook die eerste dag of die eerste week of die eerste maand bietjie huiwerig was, dat hulle dalk ook getwyfel het of dit regtig gaan werk – en of dit volhoubaar is. Maar ek glo dat, toe hulle die resultaat van bedel aan hulle eie sakke gevoel het, het hulle besef DIT WERK en daarom staan hulle dag na dag daar met hulle bordjies of bakkies of bakhande.
Ek wil jou dié week aanmoedig: hang die bordjie van GEBED om jou nek – en gaan staan voor God met alles wat in jou hart is: versoeke sowel as dankbaarheid. En die wonderlike is dat jy nie voor Hom hoef te gaan staan en bedel nie – nee, Hy is ons Vader in die hemel – en net soos ons nie by ons aardse vaders bedel nie maar net vra of noem – sò ook by ons Hemelse Vader. GEBED WERK! Maar die vraag hierdie week is of jy dit glo! Het jy al daarin volhard – dit dag na dag gedoen sodat jy WEET dit werk? Komaan – probeer dit – en jy sal soos Paulus en miljoene ander mense uitvind: DIT WERK!
Niks definieer ‘n persoon se geestelike ingesteldheid beter as sy gebedslewe nie!
Wat is gebed? Wat doen jy as jy bid? Wanneer kan jy bid? Het iemand jou leer bid? Wat sê die Bybel oor bid?
Net ’n paar Bybel verse vir jou eie studie om jou bietjie meer oor Gebed te vertel.
Waarvoor het Paulus gebid?
Rom. 1:8-12 Gebed & Lof betuiging
Rom. 15:5-7 Instruksies in gebed
Rom. 15:13 Gebed in Hoop
Rom. 15:33 Gebed vir Vrede
Rom. 16: 25-27 Gebed vir Insig
1Kor. 1:4-7 Gebed vir Swakker gelowiges
2Kor. 1:3-5 Gebed rakend Verdrukking
2Kor. 12:7-10 Gebed vir Vriendelikheid en Minsaamheid
2Kor. 13:14 Gebed vir Seëninge
Ef. 1:3 Gebed vir Dankbaarheid
Ef. 1:15-17 Gebed vir Geloof en Kennis
Ef. 1:18 Gebed vir Verstaan
Ef. 1:19-20 Gebed vir Geestelike Waardering
Ef. 1:20 Gebed vir Waardering van Christus se oorwinning
Ef. 1:20-23 Gebed vir Aanbidding
Ef. 3:14-16 Gebed vir Innerlike Krag
Ef. 3:17 Gebed vir Christus-gesentreerheid
Ef. 3:18-21 Omvang van God se Liefde
Ef. 3:20-21 Gebed vir Lofprysing
Fil. 1:8-10 Gebed vir deursigtige Liefde
Fil. 1:11 Gebed vir die Vrugte van Regverdigheid
Kol. 1:9-10 Gebed vir Waardige Wandel
Kol. 1:11-12 Gebed vir Lankmoedigheid
Kol. 1:11-16 Gebed vir Blydskap en Dankbaarheid
1Thes. 3:11-13 Gebed vir Broederliefde
1Thes. 5:23-24 Gebed vir Heiligmaking van jong Heiliges
2Thes. 1:11-12 Gebed van Volharding in Genade: Behoefte & Geleentheid
2Thes. 1:11-12 Gebed van Volharding in Genade: Versoeking & Voltooiing
2Thes. 2:16-17 Gebed vir Bemoediging & Stabiliteit
2Thes. 3:5 Gebed vir Liefde tot God
2Thes. 3:5 Gebed vir Geduld
1Tim. 1:17 Gebed vir Aanbidding/Verheerliking
1Tim. 6:15-16 Gebed vir Verheerliking
Fil. 4:6 Paulus se gebed vir Filemon.