Ons Cyber kuiertjie van 30 September 2014. Geniet dit.
Ek deel hierdie week ‘n artikel met jou wat ek in die Leef Tydskrif raakgelees het. My gedagtes is in rooi bygetik.
Wonder jy – “wat is my doel hier?”
3 Julie 2014 – Leef Tydskrif
Jy het ’n spesiale doel in die wêreld. God wil jou gebruik nes jy is. Hou dus op verskonings maak. Jy leef van dag tot dag en voel só onbelangrik as jy na die suksesvolle vroue (of manne) om jou kyk. Maar hier is goeie nuus: Jy hoef nie soos hulle te wees nie.
Wees jouself – jy is presies soos jy moet wees
Hoekom is jy gemaak? Maklik: om jouself te wees. Dit is die rede vir jou bestaan. Moetnooit jouself met iemand anders vergelyk om te kyk of jy oukei is nie. Die beste jý is nie net oukei nie, maar absoluut great. God het jou lief net soos jy is. Die ware, egte,oorspronklike jy, met krake en al, is baie meer werd as ’n nagebootste weergawe van
iemand anders. Namaaksels hou nie. As Hy wou hê ons moes almal identies lyk en optree, kon Hy ons mos sommer in groot maat gemaak het! Ons het almal unieke DNA, potensiaal en persoonlikheid. Nie een is beter as die ander nie. Wees daarom die beste jy wat jy kan wees. (Selfs 2 linge is uniek)
Basta met verskonings, begin jou doel lééf!!!!
Daar is soms ’n laag om jou hart wat jou verblind. Jy kan nie jou doel uitleef nie. Jy strompel letterlik voort met krukke, terwyl jy eintlik vry is om te hardloop en voluit te leef. (Laat my dink aan Sondagoggend se preek oor die krukke van ons lewens en dat God van ons verwag om dit weg te gooi). As jy ’n lys maak van al die verskonings oor hoekom jy nog nie by jou groter doel uitgekom het nie, sal jy sien die meeste van die “krukke” is leuens aan jouself. Wat is die ware rede dat jy nog nie die sprong gewaag het nie? Is jy dalk te ongelowig of te vreesbevange? Of te gemaklik in jou daaglikse roetine?
Onthou, jy is uniek; so, as jy nie doen waarvoor jy spesiaal ontwerp is nie, ontstaan daar ’n leemte in die wêreld. Gooi vandag jou “krukke” weg en wees dapper genoeg om die waarheid te erken. Begin ’n nuwe pad van geloof, gehoorsaamheid en getrouheid aan jouself.
Laat elke dag voluit vir jou tel
Wat ’n nare dag, dink jy soms moeg en moedeloos. Jy voel soos Job op die ashoop. Die plan vir jou lewe wil net nie uitwerk nie. Maar as die suidoos die dag van voor waai en jou blydskap probeer steel, moet jy weet wat om te doen: Trek jou geestelike army boots aan, meld jou aan en veg met oorgawe terug. Gaan sit sommer buite op die stoep, haal diep asem en begin na dinge soek om voor dankbaar te wees: die voëls se gekwetter, die geur van jou tuin, die verfhale kleur oor die blou-blou lug. Dít is al baie om voor dankie te sê – jy het gratis musiek, parfuum én kuns! As jy boonop gesond is, is jy klaar geseënd. Maak die beste van jou dag, vandag!
Vertrou Hom in elke seisoen van jou lewe
Die lelies van die veld waarvan ons in die Bybel lees, is baie elegante, “stil” blomme. Hulle kerm en kla nie in moeilike seisoene nie. Lelies raak nie opstandig of ongeduldig met hulle skrapse “klerekas” nie. Hulle bly kalm en koelkop. Hulle vertrou dat hulle betyds die heel mooiste ontwerpersklere sal kry. Hulle lang nekke is na die Here gedraai – vol verwagting. Hulle vertrou Hom, nie mense nie, vir hulle oorlewing deur alles waaraan hulle blootgestel word. Deur die eeue heen is die Skepper konsekwent met Sy voorsiening. Jaar ná jaar is die veld met beeldskone lelies versier. En dít sonder dat iemand ingryp met ’n tuinslang!
Hoekom sal Hy dan nie vir jou ook sorg nie? Of jy dus ’n lelie of ’n woestynrosie is, bly maar net vertrou en weet dat jy by jou doel sál uitkom.