Die Here se gebed - ons ken dit tog so goed. Ons ken dit as 'n rympie of 'n lied. Maar wanneer laas het JY werklik geluister na wat jy bid? Hierdie is ‘n voorbeeld van Jesus aan ons oor hoe om te bid. Nie letterlik bid elke dag die gebed nie. Nee, gaan DIEPER in die gebed.. Wat beteken hierdie gebed. Wat leer God ons eintlik hier?!
Kom ons dink 'n slag na. (Die Onse Vader) – Matt 6 / Luk 11 (Lees dit stadig en laat dit insink wat jy lees. Dit is die GRONDSLAG van GEBED, dit is hoekom ek daarmee begin.)
Ek kannie bid ONSE as ek net vir myself leef nie
Ek kannie bid VADER as ek nie sy kind geword het nie.
Ek kannie bid WAT IN DIE HEMEL IS as ek nog aardgebonde is nie.
Ek kannie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydellik gebruik nie.
Ek kannie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie sy Woord uitdra nie.
Ek kannie bid LAAT U Wil GESKIED As ek altyd my eie sin wil hê nie.
Ek kannie bid SOOS IN DIE HEMEL, NET SO OOK OP DIE AARDE as jy nie in die Hemel glo nie
EK kannie bid GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe nie.
Ek kannie bid VERGEEF ONS ONS SKULDE as ek nie berou het nie
Ek kannie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE en met 'n wrok rondloop nie..
Ek kannie bid EN LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE, as ek heeltyd na versoeking toe gaan nie
Ek kannie bid MAAR VERLOS ONS VAN DIE BOSE as jy die bose gaan uitsoek nie
Ek kannie bid WANT AAN U BEHOORDT DIE KONINGKRYK as ek Jesus nie dien nie.
Ek kannie bid EN DIE KRAG. As daar nog vrees in my hart is nie.
Ek kannie bid EN DIE HEERLIKHEID Kom as ek my lewe regeer nie
Ek kannie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie sy koms verwag nie.
Ek kannie sê AMEN as ek nie kinderlik glo nie.
Mag elkeen die ONSE VADER WERKLIK BID.
Hoe bid jy
Tot God die Vader
In die Naam van Jesus Christus (Hy het ongelooflik baie name – Doen navorsing, Google weet baie)
Deur die krag van die Heilige Gees
Gelowig (glo watjy bid)
Volgens God se wil
Opreg
Onse Vader wat in die Hemele is
Onse Vader is die Hoorder van die gebed.
Hy is Jehovah
Hy is die Allerhoogste
Hy is die Skepper
Ken Hom as jou Vader (AS jy Jesus Christus liefhet) - Leef in Eerbied
God is die Koning
Vol Heerlikheid
Vol Majesteit
Baie Groot
Vul Hemel & Aarde
Vir Ewig
Heers in Groot Krag
Alles onderworpe gestel aan God
laat U Naam Geheilig word
Heilig God self
Heilig beteken opsygesit vir ‘n doel
Streef vir Heiligheid
Jy’s geklee in Christus.
Jy moet God aanbid, loof en eer. Sy Naam, Sy Eer, Sy Heerlikheid, Sy Werke, Sy Grootheid,
Almag word erken en besing. (Aanbidding en Lof)
Hy is Heerser
Skepper
Ewige, geen begin of einde
Hoogste
Die een wat genoeg is
Verbond, verhoudinge
Voorsiener
Geneesheer
Banier
Vredevors
Herder
Altyd hier
(Ek sal later ‘n post doen op die Name van God – Hebreeus en Grieks, doen gerus ondersoek en navorsing hierin)
Laat U Koninkryk kom
Lewe volgens Sy wil
Soek God se regverdigheid
Soek Eers die Koninkryk en res sal bygevoeg word
Sy Koninkryk is om reg te probeer lewe
Begeer die koms van God se Koninkryk.
Dors na God se wil.
Laat U wil geskied, soos in die Hemel net so ook op die aarde
Innerlike dors vir ‘n Hemelse Greep
Altyd God se wil, nie ons wil nie
Wat ons in die Hemele vra sal op die aarde ook geskied
Geestes realm is baie sterk
Bind in hemele en dit bind op aarde
Gee ons vandag ons daaglikse brood
Benader jou fisiese lewe Geestelik
Dis nie net kos nie, maar die eindproduk van die lewens proses: Klimaat, Landbou, Ekonomie, Staat/Owerheid ens
Bid vir alle mense (Voorbidding)
Die Totale materiele lewe, nie rykdom nie
Jou Geestelike behoeftes saam met jou alledaagse benodighede
En vergeef ons ons skulde net soos ons ook ons skuldenaars vergewe
Bely elke dag jou sonde (Belydenis) om “Heilig” voor God te bly. En vergewe elke dag almal wat teen jou gesondig het.
Onthou; Helig beteken opsygesit vir ‘n doel. Jy is opsygesit deur God vir ‘n doel
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose
Wees waaksaam teen verkeerde goed en God sal jou bewaar teen die aanslae
Bid vir veiligheid en beskerming teen dit wat die bose teen jou optrek
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid
Jy bevestig God se Grootheid, Krag, Heerlikheid ens tot in Ewigheid
Jy bevestig jou hele wese behoort aan God en waarvoor Hy staan
Jy moet dankie se vir Sy genade, Sy versorging. (Danksegging)
Amen
Bevestig alles wat jy gebid het en seel dit af met jou geloof