Watter rivier of waterstroom sal jou wegspoel, as Ek jou vashou?
Watter see kan jou bootjie laat sink, as jy in My vas geanker is?
Watter sterk wind sal jou omwaai, as Ek jou stewig aan die hand hou?
Watter vuur sal jou skroei, as Ek vir jou 'n vuurvaste Harnas is?
Wie is daar wat so sterk is dat hulle jou uit My hand kan ruk?
Watter storm sal jou platslaan, as Ek jou skuiling is?
Watter vyand kan jou vernietig, as Ek jou getroue vriend is?
Watter mens kan jou breek, as Ek die gom is wat jou aanmekaar hou?
Watter tong kan jou met vuilheid besoedel, as Ek die Reiniger is?
Watter afgrond sal jou van My weghou, as Ek die Brug is waar jy kan oorloop?
Watter diepte kan jou insluk, as Ek die Reddingstou is?
Van watter hoogte sal jy jou te pletter val, as Ek jou op my vlerke kan vang, en veilig grond toe bring? Waar kan jy wegkruip, as Ek jou oral kan sien en van daar terugbring?
Watter swakheid sal jou laat ingee, as Ek die Groot Geneesheer is?
Watter las is so swaar, dat Ek dit nie kan dra?
Toets My en sien of Ek nie al die dinge kan doen en vele meer nie. Maak nie saak wat jou situasie is nie, Ek is altyd daar vir jou. Roep My aan in jou nood en Ek sal die dinge vir jou doen. Ek sal jou gebede volgens My goeie wil verhoor. Jy is nooit ooit alleen nie, Ek is net n Knieg hoogte vêr!
“Liefde jou Hemelse Vader"