Genade, Geloof en Gebed is so inmekaargeweef dat ons nie kan sê waar die een begin en die ander ophou nie. Die een is ook nie moontlik sonder die ander nie.
Dis genade om te kan bid, maar ons bid ook vir genade.
Ons glo in God se genade, maar dis ook genade dat ons glo.
Sonder geloof kan jy nie opreg bid nie en tog moet jy ook bid om te glo.
Gebed bestaan nie net uit praat nie, want gebed is ‘n tweerigting gesprek met God. Daarom is luister die belangrikste deel van gebed. Wanneer ons stil raak voor die Here ontvang ons dikwels gedagtes en insigte sonder dat ons daarvoor vra. Hy gee dit bloot uit genade vir ons. Hy weet immers wat ons nodig het, voordat ons vra.
Hierdie tweerigting gesprek met God kan ons op meer as een manier voer: Aanbid, loof, dank, bely, besing, sug, pleit, jubel. En moenie vergeet van stilwees en luister nie! Doen met jou hart soos die Woord en Gees van God jou lei.
Gebed laat ons fokus op wat nodig is vir die eer van God en die opbou van sy gemeente. Ons is vanself geneig om eers op ons eie behoeftes en eer te fokus. Dit is vir Hom ook belangrik om vir ons te gee wat ons nodig het, maar soos wat ons geestelik groei sal ons vind dat ons al meer in ons gebede op Hom, sy gemeente en die koms van sy koninkryk fokus. Hiervan is die “Onse Vader” vir ons die beste voorbeeld.
- ingestuur deur Coenie en Bertha Theunissen Kairos tydskrif Jun 16