‘n Briefie aan jou
Liewe Jesus se briefie vir sy kinders - Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart. Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander - selfs toe jy nog net 'n gedagte was. Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot. Jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou vingertjies sal Ek nooit weer herhaal nie. Jy is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie. Ek maak net mense na My beeld. Toe die tyd reg was het Ek jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms neergelê. Ek het in jou ogies gekyk, gestaar en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak. Nog nooit het Ek daarna My oë van jou afgehaal nie. Ek het jou gesien opgroei. In die dag bewonder Ek jou en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak. Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos 'n mislukking gevoel het. Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was. Dae wat pyn jou wou vernietig het! Ek het saam met jou gehuil , My hande gehou en jou kosbare trane opgevang. Ek ken seer, Ek ken pyn. Daar was self ‘n tyd wat mense my nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp het en aan ‘n kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel. Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom. Ek wil net vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My onkant gevang nie. Ek was nie verbaas nie. Ek weet alles. Ek verstaan alles. Ek sien alles. Ek kyk nie na jou met oë wat oordeel nie. Ek kyk na jou met oë van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek ‘n God is wat uit liefde bestaan. Soms het mense al ‘n verkeerde prentjie van My vir jou geskilder. Ek wil jou nie straf nie. Ek ken jou beter as enige iemand anders. Ek is lief vir jou.
Hierdie boodskap het ek vir ‘n rede gekies vir my Blog se 3 jaar herdenking. God het geweet to ek hierdie blog begin het 3 jaar terug. Hy het ‘n doel met hierdie blog gehad. En al het hy baie stadig gegroei in die begin, het hy ‘n groot sukses geword. Want God het die blog beplan, nie ek nie. Hy het dit in my hart gesit vir ‘n rede. En as ek na die besoekers kyk wat my blog besoek, het hy die afgelope jaar gegroei teen ‘n spoed. God het ‘n doel met alles in die lewe. Ja, selfs hierdie blog. En alles is in Sy hande. Ja, selfs ons foute. So moet nooit moed verloor nie. Al wat God vra, is draai terug na Hom toe. Hy is daar vir jou en my. En Hy is lief vir ons met alles in Hom.
Baie dankie vir julle ondersteuning. Vir die jaar 2015 het ek 20481 besoekers gehad. Is dit nie amazing nie? Laas jaar het ek 6886 besoekers gehad. So dit is ‘n groei van 13595 besoekers van laas jaar af!. My eerste jaar was 4270 besoekers. So vandat ek die site begin het 2 Des 2012, het ek 31637 besoekers al gehad. Dit is hoeveel mense die Woord gekry/gelees het. Al die dank en eer aan ons Vader, Koning en Hemelse Pappa. Dit is alles Sy toedoen. Hy stuur die regte mense op die regte tyd om die regte boodskap te lees.
Mag die jare wat kom, soveel beteken vir elkeen soos die jare wat agter ons is. Heerlike vakansie vir elkeen. Mag julle veilig wees waar julle gaan. En mag elkeen ‘n wonderlike Kersdag beleef. En onthou waaroor Kersdag gaan. Die grootste geskenk ooit. Jesus Christus! Wees veilig oor Nuwe Jaar. En begin die nuwe jaar 2016 met God aan die stuur. Lief julle almal. Onthou om my blog met almal te deel. Gebruik die konteks soos julle wil. Hoe meer dit lees, hoe beter. Dis hoekom dit hier is.