2 Korintiërs 2:5-11 (Die Boodskap)
Ek moet ook met julle praat oor daardie man wat al die ongelukkigheid in julle kerk veroorsaak het. Hy het my voor almal beledig toe ek laas by julle was. Gelukkig het dit my nie omgekrap nie. Ek weet egter dat dit julle almal ontstel het - wel, ten minste die meeste van julle. Maar moenie julle verder bekommer nie. Dié man het al klaar sy straf ontvang. Julle het hom mos kwaai oor sy optrede aangespreek. Nou moet julle ophou om vir hom kwaad te wees. Vergewe hom en wys vir hom dat julle vir hom omgee. Die arme man voel al sleg genoeg oor sy sonde. Hou op om hom nog verder te ontstel, anders gee hy later heeltemal moed op. Ek het my vorige brief aan julle geskryf om te sien of julle hierdie toets kan slaag. Ek wou sien of julle regtig sal doen wat God van julle verwag. As julle bereid is om op God se pad te stap deur hierdie man te vergewe, sal ek dit ook doen. Eintlik het ek dit al klaar om julle onthalwe gedoen. Regtig. Ek jok nie. Christus weet dit. As ons hierdie man nie vergewe nie, speel ons so reg in Satan se hand. ’n Bakleiery onder gelowiges pas hom baie goed. Hy probeer sy bes om dit reg te kry, soos ons almal weet.
Elke besigheid het ‘n primêre fokuspunt. Pick ‘n Pay verkoop kos, McDonalds verkoop burgers, Edgars verkoop klere, en as jy huisverbeteringe aanbring is Builders Warehouse die een stop om alles vir die huis te koop. Al die besighede fokus op een primêre funksie en het ‘n klomp verskillende sekondêre funksies om hulle te help om die primêre funksie goed te doen.
Wat dink jy is God se primêre funksie? Wat doen God die beste? As jy na die dade van God kyk – wat staan vir jou uit? Of beter nog – skryf in een woord neer waaroor God gaan – waaruit Hy bestaan – wat die fokuspunt van Sy bestaan is.
Ek dink ons sal hier verskillende antwoorde kry, maar as ek een woord moes neerskryf, sou dit baie beslis LIEFDE wees. Want God word so gedring deur die liefde vir die mens dat Hy Sy Seun gegee het – en vandag nog steeds Sy liefde oor mense uitstort. God se middelpunt – dit waaroor alles vir Hom draai, dit waaruit Hy gemaak is, die rede vir Sy bestaan – Sy primêre fokus – is LIEFDE. Hy kan nie anders as om ons met liefde toe te gooi nie. Dit is tasbaar en sigbaar. Ons sien dit en ons voel dit – ons hoor dit, ervaar dit en beleef dit. En twee van die belangrikste aspekte van Sy liefde is genade en vergifnis. Verlede week het ons oor vergifnis gesels – en het ons gesien dat God
ons keer op keer op keer vergewe – ongeag wat ons doen. Wanneer ek iets verkeerds sê of doen – vergewe Hy my onvoorwaardelik. Daar is geen “strings attached to” Sy vergifnis nie. Sy liefde vir my kom weer en weer en weer.
En omdat ek en jy kinders van God is, moet dit ook ons eienskappe wees: liefde, genade en vergifnis. Wees lief vir ander mense – ongeag. Betoon genade aan ander mense – ongeag. Vergewe ander mense – ongeag. Het jy al ooit hekkiesatlete gesien hardloop – hoe hulle oor hekkies seil – tot by daai een waar ‘n voet vashaak en hulle die hekkie omstamp. Een van twee dinge gebeur as dit gebeur: hulle verloor spoed en momentum of hulle val.
Presies dieselfde gebeur met my en jou as ons nie vergewe nie, liefhet nie of genade betoon nie. En hoe sien, ervaar of voel mense dit in ons? Deur die vrug van die Gees! Galasiërs 5:22-24. Net soos ’n boom wat ’n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde.
Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. Natuurlik is die wet nie gekant teen so ’n leefwyse nie. Elkeen wat in Jesus Christus glo, moet so leef. Want al ons sondige begeertes is saam met Hom aan die kruis vasgespyker.
Hoekom kan ek en jy nie maar net besluit om ander mense se oortredinge te laat gaan nie? Doen ons dit sodat ons beter kan voel as ander mense? Omdat ons te trots is of te graag aan ons eie idees of wil of bitterheid of kwaad wil vashou? Al wat dan gaan gebeur is dat ek en jy elke keer, nes ons op volle spoed is, die hekkie van onvergifnis of liefdeloosheid gaan raaktrap, spoed gaan verloor of gaan val. Dit is soms moeilik om die EIE EK van mense te verstaan (dit gaan net oor my en my gevoelens en wat en hoe EK wil) – maar een ding wat ek wel verstaan, is dat as ek nie vergewe en liefhet nie – God se Gees, Sy liefde, Sy vrug nie in my leef nie, kan ek nie verklaar dat ek God se kind is nie – Sy ewebeeld is nie! Wanneer die vrug van die Gees (wat in LIEFDE geanker is) nie in en deur my leef nie,
brand God se lig nie in my nie, en bou ek eerder aan die donker en speel ek in die opponente se span. (Vers 11).
God se primêre fokus is LIEFDE. Daarmee saam kom genade, vergifnis en die vrug van die Gees. Wat is jou primêre fokus?