• 'n Gebed vir Matrieks:
Ek staan op die brug Heer, tussen gister en more, Nou.
Tussen kindwees en grootwees is ek nou.
En ek weet: nog nooit het ek so veel geweet nie, Of so min:
Nog nooit was ek so groot nie
En so klein:
Nog nooit was ek so honger vir die lewe
Of so bang nie, As juis nou.
Here, wees U by my, langs my oor hierdie brug Want sonder U, Here, wil ek omdraai en vlug!
Here, help my om gister suksesvol af te sluit; Help my om myself vir more te slyp Help my fokus, Heer, help my lees.
Gee my moed en insig en krag
Vir elke vraestel; elke eksamendag.
En in elke vak wat ek studeer, o Heer,
Laat my opnuut die wonder van U aarde, U skepping sien - Die Hand van die Almagtige God wat ek dien.
Maak my rustig Heer, kalm en stil;
Hou spanning en angs weg van my.
Laat my hand in U s'n bly.
Bid daarvoor in die Naam van ons Here Jesus Christus.
Amen