Ons gesels nog rondom Braam Hanekom se boek: ‘n Lewe met Perspektief.
Romeine 12:11 – Moenie in julle toewyding verslap nie. Bly altyd geesdriftig – dien die Here!
Die metertjie wat die inhoud van jou motor se petroltenk aandui, is nogal ‘n baie belangrike instrument! Ek weet van mense wie se motors se meters stukkend is, maar hulle maak op grond van die kilometerlesing ‘n skatting oor hoe ver hulle nog met die petrol in die tenk kan ry. (Braam vertel) – Jare gelede het ek my kamermaat op universiteit se bakkie geleen. Toe ek dit aanskakel, het ek dadelik gesien die naald wat die petrolinhoud aandui, beweeg nie. Wel – as jy ‘n student was, weet jy dat studente feitlik almal op “leeg” ry, maar ek onthou toe dat hy vir my gesê het die bakkie se meter is stukkend. MAAR – ek het verkeerd onthou! Dit was ‘n ander vriend wat dit vir my van sy motor gesê het – en ek het sonder petrol met die bakkie gaan staan!
Die pynlike werklikheid van die lewe is dat daar miljoene mense is wat nie weet hoe om die geestelike toestand, inhoud of temperatuur van hulle lewe te meet nie. Hulle lewe voort asof dit nie vir ‘n oomblik nodig is om dit te evalueer nie. Selfs Christene leef so – en ja, Christenleiers ook. Die vraag is – as jy besef dat jy jou eie geestelike lewe moet evalueer – hoe doen jy dit? Kom ons kyk na ‘n paar praktiese vrae wat jy jouself kan afvra?
ë Ervaar jy dat jy geestelik groei?
ë Weet jy regtig hoeveel tyd jy aan stiltetyd spandeer?
ë Hoeveel keer per week lees jy die Bybel – as deel van jou stiltetyd en nie as deel van jou bediening nie?
ë Hoeveel keer per week gesels jy met die Here (bid of worship) – ook as deel van jou stiltetyd en nie as deel van jou bediening nie?
ë Ervaar jy intimiteit met die Here?
ë Beleef jy dat jy nog ‘n passie vir mense in nood het?
ë Beleef jy nog dat jy omgee dat mense sonder Jesus sterf?
ë Hoe aktief is jy as leier by die aktiwiteite van die gemeente betrokke: dienste, socials, funksies, projekte?
ë Is jy seker dat die Heilige Gees in beheer van jou hele lewe is?
ë Ervaar jy daagliks die innerlike krag van die Heilige Gees?
ë Hoe lyk AL die vrugte van die Gees in jou persoonlike lewe?
ë Kan jy regtig verklaar dat jy DIENSKNEG is – was jy mense se voete – of was jy dalk hulle koppe?
ë Is jou liggaam ‘n tempel vir die Heilige Gees?
ë Bid en seën jy – of raas, baklei, skel en vervloek jy?
ë Dra jy ‘n voorskoot (ek dien) of ‘n borslap (bedien my)?
ë Hoe lyk jou toewyding? Het jy al verslap of is jy nog net so geesdriftig soos toe jy kind van God of leier geword het?
Jou antwoorde hierop (as dit eerlik is) sal vir jou as leier ‘n aanduiding gee van hoe ver jy nog met die petrol in jou geestelike tenk kan ry voordat jy gaan staan! En ja – jy kan 100% verskil van die vrae wat hierbo gelys is en jou eie vrae insit – ons kan verskillende barometers vir ons geestelike lewe gebruik. Maar pasop dat jy geen barometer het nie – jy kan in ernstige probleme vashardloop!
Kom ons as leiers gaan dink bietjie hierdie week oor ons eie geestelike lewens (EN NIE dié van ander leiers of ander mense nie!) – en as ons agterkom ons tenk is so bietjie leeg: bely dit en vra die Here om ons te help om ons tenke weer vol te kry! En dan kan ons die verskil gaan maak wat Hy van ons verwag!