Handelinge 3:2 NLV
Die Bybel sê: "Petrus en Johannes wou net by die tempel ingaan, toe hy hulle sien en 'n bydrae by hulle vra...Maar Petrus sê: 'Geld het ek nie. Maar wat ek het, dit gee [ek] vir jou: Op gesag van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!' Petrus vat die man toe aan sy regterhand en help hom op. En onmiddellik ...[het hy] opgespring, op sy voete gestaan en begin rondstap..." (verse 1-8).
Hierdie verhaal stel drie vrae:
1) Wat is jou swakheid? Dit is belangrik om dit te weet, want 'n agterstand in een area kan jou kreupel laat in ander areas. Afgesien daarvan dat hy nie krag in sy enkels gehad het nie, was hierdie man normaal, maar sy swakheid het hom daarvan weerhou om 'n gelukkige lewe te lei. Ons almal sukkel met swakhede. "Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie..." (2 Kor. 10:13 NLV).
2) Hoe hanteer jy jou swakhede? Hierdie man het by die tempelingang gebedel. Hoekom is jy waar jy is? Jy moet dit weet, voor jy kan opstaan en aanbeweeg. Weier om daar te stagneer, staan op en sê: "Hierdie mag wees waar ek op die oomblik is, maar deur God se genade gaan ek nie hier bly nie!"
3) Wat verwag jy? 'n Kruk om jou te help om met jou probleem saam te leef? Die man was op die uitkyk vir aalmoese, nie vir genesing nie. Aalmoese gaan jou nie terug op jou voete kry nie. Wanneer jou fokus beperk is tot wat mense vir jou kan doen, kan dit veroorsaak dat jy nie sien wat God vir jou kan doen nie. Deur God se krag het hierdie man opgestaan en geloop - jy kan ook.
Sielskos: Ex 21-22; 1 Pet 3