Ek deel graag ons “Cyber kuiertjie” van 11 November 2014 met jou. Mag dit jou laat besef, hoe ons eintlik moet voel oor God.
Ek hoor dié mooi liedjie van Liza Bronner (die meisie wat in die Liefling Teaterstuk gespeel het) – “Ek asem jou in”. Een van die aanbieders van ‘n Musiekkanaal het met haar ‘n onderhoud gevoer oor die liedjie en toe sê sy sy het dit geskryf oor haar verhouding met haar man – dis hoe lief sy hom het – dat sy hom inasem en deel maak van elke asemteug van haar lewe. (Mooi nê?).
En ek besef dit is hoe ons oor die Heilige Gees, Vader en Jesus moet voel – ons asem Hulle in. Ek wil nooit sonder Hulle wees nie – elke dag moet elke asemteug my daaraan herinner dat Hulle deel is van my hele menswees. Stukkies van die refrein van die lied gaan so:
Ek asem jou (God) in….. vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is Jy’s (God) die lewe hier binne my…… die een by wie ek my asem kry
Is dit nie hoe ons verhouding met ons Koning ook moet wees nie? Dat ons Hom die hele tyd moet inasem. Dat Hy ons die hele tyd moet terugneem na die begin (na ons eerste liefde) – daardie gevoel wat ons ervaar het toe ons besef het Hy is “for real” – Hy is die Een vir wie ons bereid is om ons hele lewe te gee. En as ons liefde vir Hom of vir ons medemens dalk al bietjie afgekoel het, dat Hy ons weer sal wys wat ware liefde is.
Want Hy IS die lewe hier binne ons – net Hy kan alles wat doodgegaan het weer lewendig maak, nuut maak, oor maak. Hy is die Een by wie elkeen van ons ons asem kry – wat ons elke sekonde daaraan herinner dat ons nog LEWE. En dat ons, omdat ons LEWE, nog ‘n verskil vir Hom kan maak! Kom ons verklaar: “Ja Jesus – ek asem U in!” .