Ek het die volgende artikel op die Voelgoed Webtuiste raakgelees en deel dit graag hierdie week met
jou! (Ons Cyber Kuiertjie van ons Gemeente 14/01/2015)
Waaroor gaan jy eendag spyt wees?
Dis toe nie slimmer kinders, ’n groter huis of luukser vakansies nie. Nee, dit waaroor mense aan die einde van hulle lewe spyt is, het niks met materiële dinge te doen nie. Verpleegster Bronnie Ware het jare lank met sterwende pasiënte gewerk en hulle tot die einde bygestaan. Sy het onder meer met hulle gesels om te hoor of hulle dinge anders sou doen as hulle hulle lewe kon oorhê. Wat hierdie pasiënte verklap het, was so insiggewend dat sy later ’n boek daaroor geskryf het. Sy wou dit graag met ander deel sodat hulle nie later oor dieselfde dinge spyt sou wees nie.
Wat interessant is, is dat die meerderheid mense nie gewens het hulle het harder gewerk en meer geld verdien nie. Inteendeel, die meeste het gevoel hulle het hulle geliefdes afgeskeep deur té lang ure te werk en daardeur het hulle baie spesiale oomblikke misgeloop. Baie pasiënte was ook spyt hulle het nie meer gereeld gesê hoe hulle voel nie. Hulle het liewer stilgebly om konflik te vermy, eerder as om standpunt in te neem. Dis verstommend hoe baie mense gevoel het hulle moes meer gedoen het om gelukkiger te wees. Hulle het te laat besef dat geluk ’n keuse is. Omdat hulle bang was vir verandering, het hulle eerder in ou, gevestigde patrone voortgeploeter. Mense is ook spyt dat hulle kontak met goeie vriende verloor het en dat hulle hulle eie waardes minder geag het en eerder gedoen het wat ander wou hê. Die meeste mense onderdruk hulle drome omdat hulle ander tevrede wil stel.
(Die bekende motiveringspreker, Leo Buscaglia, het iets soortgelyks gesê.
Hy het gesê: “As ek my lewe oor kon hê, sou ek meer roomys eet, en minder boontjies. Ek sou prober het om meer foute te maak en ‘sillier’ te wees. Ek sou meer kanse vat, meer berge klim, na meer sonsondergange kyk, meer plekke besoek. Ek sou elke dag ‘n ander roete werk toe gery het en elke oggend aan die anderkant van die bed uitgeklim het. Ek sou meer malls toe gegaan het, na voëls gaan sit en kyk het, saam met kinders gelag en gekuier het. Ek sou elke dag dankbaar wees vir wat ek wel het as wat ek kla oor dit wat verkeerd gaan.”).
Dit kom alles eintlik maar op dieselfde ding neer: Jy moet getrou bly aan jouself en aan dít wat die meeste vir jou saak maak. Wat kan jy dan vandag doen sodat jy nie eendag sal voel jou lewe het nie genoeg betekenis gehad nie? Is daar maniere om jou drome en waardes te identifiseer en doelbewus te volg?
Stap 1: Vind uit wat jou hart warm laat klop
As iemand jou nóú moet vra: “Wat wil jy regtig uit die lewe hê?”, sal jy die vraag kan antwoord? Die meeste mense het eintlik geen idee van wie hulle regtig is of wat hulle wil hê nie. Hulle is gewoond om altyd iemand anders se behoeftes bo hulle eie te stel. Dis hoekom jy soms na ’n tydjie op jou eie smag, maar as jy dit kry, weet jy nie wat om daarmee te doen nie. As jy jouself nie ken nie, kan jy mos nie weet wat jy regtig wil hê nie. Dink ’n bietjie mooi: Wat kikker jou dag in ’n japtrap op? Watter dinge is vir jou belangrik? Wat haat jy? Wat is jou passie? Wat móét jy eenvoudig elke dag inpas, al is jy hoe besig?
Hoe gelukkiger jý is, hoe meer sinvol is jou bydrae aan ander en hoe meer waarde het jy uiteindelik vir almal om jou.
Stap 2: Stel spesifieke, positiewe doelwitte vir jou lewe
Min mense stel doelwitte vir hulleself. Jy het dit dalk al gedoen (mooi so!) maar dit was miskien te negatief. Jy sou byvoorbeeld sê: “Ek is te vet. Ek moet myself maar uithonger volgende week.” Dit sou egter beter wees om dit positief te stel en eerder te sê: “Ek wil goed lyk en beter voel, daarom gaan ek van nou af gesonder eet.” Watter negatiewe doelwitte stel jy vir jouself? Waarom probeer jy nie sommer vandag om dit om te swaai na positiewe doelwitte – met dieselfde resultaat – nie?
Stap 3: Ignoreer daardie kritiese stemmetjie in jou kop
Die oomblik wat jy ’n stappie nader gee aan jou doelwitte, kan jy maar weet: Jy het ’n vyand. Daardie stemmetjie (aaah – ons chatterbox!) binne-in jou wat so graag negatiewe dinge sê, gaan net al harder begin praat: “Jy het dit nog nooit gedoen nie, hoekom nou?” “Sê nou jy misluk? Dan gaan almal vir jou lag!” Hierdie kritiese stem is daar omdat jou brein, ter wille van oorlewing, fokus op iets wat ’n bedreiging vir jou lewe kan inhou. Daarom kan negatiewe gebeure uit jou kindertyd sterker wees as positiewe ervarings. Jy was dalk stout en jou ma was by breekpunt. Toe sê sy jy moet skoert, want jy maak haar mal. En dis wat jy tot vandag toe onthou, al het sy hoeveel mooi dinge ook vir jou gesê.
Hierdie stemmetjie is afbrekend, krities en sinies. Jou “regte self”, aan die ander kant, is net die teenoorgestelde. Dis die deel van jou wat positief en optimisties is oor alles waarvan jy nog droom. As jy wil verander, sal jy ’n houding van zero tolerance teenoor die negatiewe stemmetjie moet inneem. Sodra jy agterkom jy is besig om jouself te saboteer, stop dit eenvoudig! Moenie eers aan die woorde in jou gedagtes herkou nie. Dit is nóóit reg om so krities teenoor jouself te wees nie. Maak daai stemmetjie stil!
Dink jy nie ook dis ‘n mooi en positiewe artikel om die jaar mee af te skop nie? Ek wil vir jou vandag vra: as jy jou lewe kon oorhê, wat sou jy anders of nog wou doen? Waarom besluit jy nie vandag dat jy nie langer gaan uitstel om dit te doen nie – ons almal lewe (hier op aarde) net een maal! Maak dit ‘n goeie maal!!