Moenie altyd wens jy was soos iemand anders nie – wees net anders, wees JY! Want jy is uniek.
Ons is aan die einde van ‘n jaar wat gevul was met baie dinge – beide goed en sleg, positief en negatief, hartseer en blydskap. Maar bó alles staan die liefde van God – Sy liefde en genade en guns was die soom waarmee elke dag van ons lewe aan mekaar vasgehou was. Ek weet nie van jou nie – maar ek kon elke dag verklaar: My God is so groot, so sterk en so magtig – daar’s niks wat my God nie kan doen!
Dalk glo jy dit nie, maar iewers is daar iemand wat wens sy of hy was jy! Maar God roep jou om jouself te wees. By ’n ooievaarstee het elke vrou ’n stukkie klei gekry waarmee sy ’n “babatjie” moes maak. Dit was groot pret! Die vroue het lekker gelag terwyl elkeen met groot konsentrasie haar “meesterstukkie” gevorm het. Alhoewel almal dieselfde eindproduk in gedagte gehad het, het nie twee babatjies eenders gelyk nie. Party het gesit en ander het gelê, gekruip, geslaap of regop gestaan.
Hoeveel meer plesier moes dit nie die Skepper verskaf het om Sy meesterstukke, ek en jy, te vorm nie? Ons is tog die kroon van Sy handewerk. Hy verlustig Hom in ons.
Of jy op die oomblik sit, staan, lê of kruip, jy is presies in die posisie waarin Hy jou wil hê. So kan Hy jou gebruik, net daar waar jy nou nodig is. Jy kan jou plekkie volstaan – ook binne die Koninkryk van die Here, al dink jy nie so nie. Sien – om iets vir die Here te doen gaan nie oor talent, intelligensie, skoonheid of die regte geleenthede nie. Dit is definitief nie net vir belangrike persone bestem nie.
God roep nie noodwendig bekwame mense nie: Hy bekwaam eerder die mense wat Hy roep. Dink ’n bietjie aan die mense in die Bybelse tyd. Dawid was ’n eenvoudige skaapwagter wat later as koning gekroon is. Debora was ’n doodgewone huisvrou wat ’n generaal geword het. Maria was ’n gewone Joodse meisie wat gekies is om Jesus se ma te wees. En Moses was glad nie ’n goeie spreker nie, maar hy is gekies om die volk te lei.
Miskien twyfel jy aan jouself, want jy is maar net jy – vaal en vervelig. Tog wil God jou gebruik net soos jy is, want jy is anders. Vra Hom om jou te wys wat jy wanneer moet doen. Luister fyn en moenie bang wees om op Sy stem te reageer nie. Terwyl jy besig is om jouself te ontdek, moet jy jou nie aan die wêreld om jou steur nie. Al beny jy die rietskraal Hollywood-ster wat ’n paar weke na haar baba se geboorte in ’n bikini op die strand baljaar of wens jy jy kon soos Jamie Oliver watertandgeregte sonder ’n sweempie moeite optower. En al kom jou mede-kollega gereeld spog met sy of haar kind wat in alles presteer.
Niemand vertel jou natuurlik dat die aktrise haar baba elke dag vir ’n nanny gee nie. En dan vir vier uur in die gimnasium sweet om haar lyfie terug te kry nie. Of dat Jamie Oliver geen skottelgoed hoef te was na die tyd nie. En dat jou buurvrou se arme kind so gestres is dat hy net wil tou opgooi nie……
Onthou, min dinge is regtig soos dit lyk. Daar is baie druk van buite af, maar die grootste druk kom van binne jouself. Jy wíl perfek wees. Jy probeer alles in jou vermoë om die volmaakte man of vrou te wees. En as jy dit nie regkry nie, is dit baie moeilik om jouself te vergewe. Sê eerder vandag vir jouself: Dis oukei om nie ’n nommer 32 broek te dra nie. Dis oukei om party aande toebroodjies voor te sit. Dis oukei om soms te ontspan sonder om altyd besig te wees.
Erken elke dag die Here as jou Herder, want Hy gee jou alles wat jy wérklik nodig het. Hy voorsien in al jou behoeftes sodat jy vrede, eerder as ’n gejaagde lewe, kan hê. Eers as jou siel rustig is, sal jy kan groei en floreer net daar waar jy geplant is met die middele wat jy tot jou beskikking het. Dan sal jy van jouself begin hou. Dís Sy wens vir jou.
Hoop julle het ook die stukkie geniet soos ek dit geniet het toe dit met ons gedeel was.