Graag deel ek hierdie inligting met julle wat met ons Leierskap in ons Gemeente gedeel was. Jy mag dalk nie ‘n leier in ‘n Gemeente wees nie, maar ek dink ons as Kinders van God is tog ‘n leier in party opsigte. Ons is die voorbeeld vir ander. Hoop dit sal jou bietjie anders laat dink oor hoe om op te tree!
Teaching deur Brian Houston, een van die kerkwêreld se mees gerespekteerde teachers oor Leierskap. Ek deel 'n paar van sy insigte met jou:
Teaching deur Brian Houston, een van die kerkwêreld se mees gerespekteerde teachers oor Leierskap. Ek deel 'n paar van sy insigte met jou:
- Een van die grootste behoeftes en tekorte in die kerk van vandag is 'n generasie leiers: mense wat hulle eie lewens sal aflê om die Koninkryk van God te dien. Wat andere sal DIEN maar ook aan andere 'n voorbeeld sal stel wat hulle wil volg.
- Die kern van enige leier word gevind in Spreuke 4:23-24: Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Jou HART bepaal wat in jou LEWE is en in jou LEWE plaasvind.
- Leierskap op enige vlak van die lewe, begin in JOU HART. En as jy as leier wil groei, moet die groeiproses IN JOU begin. Indien jy die verkeerde motiewe in jou hart het, of as jou hart lelik is teenoor ander mense, of as jou hart gevul is met negatiewe en afbrekende dinge, sal dit jou hele lewe affekteer - ook jou rol as LEIER.
- Die grootste teken dat dinge in JOU HART verkeerd is, is negatiewe denke en negatiewe, afbrekende en verwoestende optrede. Negatiwiteit of die aanhoudende lewer van kritiek, is 'n refleksie van die binnekant van JOU HART.
- Hoor die volgende mooi beskrywing deur Houston:
- A good man - out of the good in his heart, brings forth good things.
- An evil man - out of the evil in his heart, brings forth evil things.
- The negative man - out of the negativity in his heart, brings forth negative things.
- The defeated person - out of defeat in his heart, will bring forth defeated things.
- The faith man - out of the faith in his heart, will bring forth faith things.
- An overcoming person - out of an overcoming heart, will bring forth overcoming things
- A good man - out of the good in his heart, brings forth good things.
- Alles in jou lewe hang af van WAT IN JOU HART AAN DIE GANG IS - DAAR WAAR NIEMAND KAN SIEN NIE - BEHALWE GOD.
- En dan praat hy 'n lang stuk oor die impak van negatiewe mense in die lewe. In Spreuke 13:20 staan: Become wise by walking with the wise; hang out with fools and watch your life fall to pieces. (MSG). En dan sê hy dat God jou nie oor foolishness sal vernietig nie, maar dat foolishness JOU sal vernietig - negatiwiteit sal JOU vernietig. Dit sal jou hele lewe verander en vernietig.
- Hy (en ons almal weet dit is waar) sê dan ook dat negatiewe mense negatiewe mense om hulle vergader - die bose gees (sataniese magte) van negatiwiteit trek hulle soos magnete na mekaar toe aan. En daarom moet LEIERS mooi LUISTER na die taal van mense om hulle - klink dit soos negatiewe, afbrekende, altyd foutsoek, altyd iemand of iets afbreek of afkraak taal - of is die taal wat jy hoor positief en opbouend? As dit NEGATIEF is - kom weg uit daardie verhouding! DIT GAAN JOU AS MENS VERNIETIG EN AL JOU LEIERSKAP POTENSIAAL BY JOU STEEL!
- Negatiewe mense is baie baie vinnig om ander mense (ook ander leiers) te OORDEEL.
- Negatiewe mense HOOR net wat HULLE wil hoor. 1000de positiewe goed sal by hulle ore uitwaai, maar 1 negatiewe ding sal gaan vassit - en dit sal hulle denke en hulle harte oorneem.
- Daarom moet jy as leier nie net die Woord van God lees en hoor nie - die Woord van God MOET jou HART verander - want dan sal jou LEWE verander! As die Woord van God nie jou lewe verander nie, is jy besig om jouself te bedrieg en te mislei. Don't fool yourself into thinking that you are a listener when you are anything but, letting the Word go in one ear and out the other. Act on what you hear! (MSG).
- Mense wie se HARTE verkeerd is teenoor ander mense, soek altyd na "allies" - mense om "saam met hulle so te voel". En hulle sal hierdie "allies" selfs met leuens voer sodat die ander ook net soos hulle kan dink of voel. IS JY 'N "ALLY" VAN IEMAND - OF IS JY 'N LEIER NA GOD SE HART??