Ek doen dit alweer. Ek deel met julle ons gemeente se “cyber kuiertjie”. Sjoe, hierdie “cyber-kuiertjies” beteken so baie. En dit is hoekom ek dit graag met julle deel. Ek hoop dit beteken vir julle ook soveel. Geniet dit.
Toe ek vanoggend wakker geword het, het ek net besef dit is vandag die 24ste Junie – 6 maande weg van Kersfees af! En net so ietsie oor die ses maande weg van 1 Januarie 2015 af! En ek het so by myself gedink: Sjoe, die tyd vlieg…..maardan….is dit regtig waar? Tyd kan mos nie vlieg nie? Tyd is ‘n konstante en vaste entiteit: 60 sekondes in een minuut, sestig minute in een uur, 24 ure in een dag – en vir so lank as wat ons mag leef sal dit nooit verander nie! Ek dink ons redenasie moet eerder die volgende wees: okay – wat het ek gedurende hierdie eerste ses maande van 2014 met my tyd gedoen?
Watter impak het ek gemaak op of in die lewens van die mense wat elke dag so in en uit my lewe geloop het? Hoeveel mense het iets anders in my raakgesien, iets anders gehoor wanneer ek gepraat het? Hoe helder het my liggie in hierdie ses maande in ‘n donker en rowwe wêreld geskyn? Het ek genoeg sout in ‘n bitter en smaaklose wêreld gestrooi?
Mmmmm, miskien is dit tyd vir hibernering-refleksie…… om so bietjie na ons rol in die samelewing te kyk - ons het nog ses dae oor voordat ons in die tweede helfte van die jaar inbeweeg. Make them count!!!
‘n Klein seuntjie het by sy oupa hoog op in die Switserse Alpe gewoon. Dikwels, net om die klank van sy eie stem wat terug eggo na hom toe te hoor, het hy buitetoe gegaan, sy hande om sy mond bak gemaak en geskree: “HALLO…..HALLO…. HALLO….!” En dan van daar bo af het die kranse en die klowe weergalm: “HALLO….HALLO….hallo….” Dan sou hy uitroep: “EK IS LIEF VIR JOU…..EK IS LIEF VIR JOU…..”
Een dag was hy egter baie stout en het sy oupa hom deeglik gedissiplineer. As reaksie op sy oupa se dissipline, het hy sy vuisie in sy oupa se rigting geswaai en uitgegil: “EK HAAT JOU….EK HAAT JOU!” En dadelik antwoord die kranse en die klowe van die Switserse Alpe: “EK HAAT JOU….EK HAAT JOU….HAAT JOU….”
En wat hier gebeur het, gebeur ook in die werklike lewe – veral binne ‘n familie. Ons kry terug dit wat ons gee – alles kom terug na ons toe. Kom ons noem dit “DIE WET VAN EGGO’S”. Tennyson het gesê: “Ons eggo’s hardloop van siel tot siel en groei vir ewig en ewig”. Die Wet van Eggo’s geld orals in ons lewe. Binne ons huwelik: as jy wil hê ‘n vrou moet sag en liefdevol, vol vergifnis en deernis, verdraagsaam en ondersteunend wees….begin by haar man. (Of die anderkant toe om).
Dit rol van sy siel na haar siel toe, of van haar siel na sy siel toe. In jou werk: die klipagtige klowe in ander mense se
lewens staan elke oomblik van die dag gereed om ons identiese optredes en gesindhede na ons toe terug te eggo – te weerkaats. Wil jy hê dat jou kollegas opgewonde en vrolik moet wees, gestroop van katterigheid en sarkatiese
opmerkings, lelike kommentaar of vieslike kyke? Die plek om te begin is by daardie persoon wat elke oggend vanuit jou spieel na jou toe terugstaar!
Jy sien vriend, hierdie wet is onteenseglik konstant. Kinders eggo hulle ouers, volgelinge eggo hulle leier (dink maar net aan die rooi baret brigade wat nou in ons parlement sit!), en hierdie lys kan baie baie lank raak! As die een wat
kommunikeer negatief, kortaf, wreed, veeleisend, liefdevol, sag, lankmoedig is……raai wat??? Die eggo’s wat na hom toe terugkom, sal identies dieselfde karkatereienskappe dra – en dit sal amper altyd en sonder uitsondering gebeur!
‘n Onderwyseres het een dag vir haar skoliere gevra om binne 30 sekondes die name neer te skryf van die kinders in die klas van wie hulle glad nie hou nie. Party van die kinders kon net daarin slaag om een naam neer te skryf, terwyl van die ander selfs soveel as 14 name in 30 sekondes kon neerskryf. Die interessante feit wat hieruit gekom het, is dat dié wat 14 name kon neerskryf, se name ook op omtrent elke ander kind in die klas se lys verskyn het! Jy sien – Die wet van Eggo’s!
As jy wil hê ander moet jou veroordeel of moet jou kritiseer – dan moet jy dit met andere begin doen! As jy wil hê mense moet van jou hou of sag en liefdevol, met begrip teenoor jou optree – dan moet jy dit teenoor andere begin doen. Wat ookal jy in die EGGO BANK deponeer – sal jy uit dit onttrek! En moet dan nie verbaas wees as dit rente geloop het nie!
Lukas 6:31….”As daar een reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Spring hulle dan voor: gaan tree eerste so teenoor hulle op! Lukas 6:36 – Want dit is presies hoe God is. Hy gee baie om vir almal hier op aarde, of hulle goed is en of hulle sleg is. Julle moet net soos God wees: maak julle harte en julle hande oop vir ander mense. Gee regtig vir hulle om. Lukas 6:37 – Moenie ander mense oordeel nie. Dan sal God julle nie oordeel nie. Moenie ander mense tot in die doderyk verdoem nie. Dan sal God julle ook nie verdoem nie. Vergeef ander mense, dan sal God julle ook vergewe. Lukas 6:38 – Deel julle besittings met ander, dan sal God vir julle
sorg. Al die goeie dinge wat julle met ander deel, sal op verrassende maniere na julle toe terugkom. (Die Boodskap).
“Die wet van Eggo’s” – iets om oor na te dink
Oh no, I’m doing it again. I am sharing our church letter with you. Because it means so much for me. Hope it means so much for you to.
This morning when I woke up, I realised today is the 24th of June – 6 months away from Christmas – a little bit more than 6 months away from the 1st of January 2015! And I thought to myself: time really flies……but then again…..is that really true? Time cannot fly? Time is a fixed entity: 60 seconds in one minute, sixty minutes in one hour, 24 hours in one day – and it will never change for as long as we live! The reasoning should rather be: okay – what have I done with my time during this first six months of this year? What impact have I made on the lives of people who walked in and out of my life this first six months of the year? How many of these people saw something different in me, heard something different when I spoke? How bright did my little light shine into a dark world? Did I add enough salt to a broken and bitter and saltless world? Mmmm, maybe we should take some time for reflection – we have six days left before we move into the second half of 2014. Make them count!!!
A young boy lived with his grandfather on the top of a mountain in the Swiss Alps. Often, just to hear the sound of his own voice echoing back to him, he would go outside, cup his hands around his mouth and shout: “HELLO!”. Up from the canyons the reply reverberated: “HELLO…….HELLO……hello……hello….” Then he would call out: “I LOVE YOU…..I LOVE YOU……I LOVE YOU….” One day the little boy seriously misbehaved and his grandfather disciplined him severely. Reacting violently, the child shook his fist at his grandfather and shouted: “I HATE YOU!” And to his surprise, the rocks and the boulders across the mountainside responded in kind: “I HATE YOU…..I HATE YOU….I hate you…..I hate you…..hate you……hate you…..”
And this is true in real life as well – especially in a family. We get in return exactly what we give – it all comes back. Let’s call it “The law of echoes”. Tennyson said: Our echoes roll from soul to soul and grow forever and forever. The law of echoes applies everywhere in our lives. In your marriage – if you want a wife who is gracious, forgiving, tolerant, supportive…….start with her husband (or the other way around)! It will roll from her soul to his soul, or from his soul to her soul. In your work – the rocky canyons within the lives of others are ready to echo back the identical attitudes and actions we initiate. Want your associates at work to be cheery and unselfish, free from catty and sarcastic remarks, nasty comments or ugly glares? The place to begin is with that person who glares back at you from the bathroom mirror every morning!
You see friend, this law is remarkably consistent. Children echo their parents; followers echo their leader (just think about the now red berets in parliament!), and this list can become very long! If the one communicating is negative, blunt, ruthless, demanding, loving, kind, gentle…….guess what?? The echo reflects those same characteristics, almost without any exception.
A teacher once asked her students to jot down, in just 30 seconds, the names of the classmates they really disliked. Some of the students could think of only one person, while others listed as many as 14 in 30 seconds! The interesting fact that emerged from this exercise was – those who disliked the largest number of fellow students were themselves the most widely disliked! You see – the law of echoes! If you want others to judge and condemn you – you start it! If you want them to be loving and kind and understanding – you start it! Whatever you deposit in the echo bank – you draw in return! Sometimes with interest!
Luk 6:31 "Here is a simple rule of thumb for behaviour: Ask yourself what you want people to do for you; then grab the initiative and do it for them! Luk 6:36 Our Father is kind; you be kind. Luk 6:37 "Don't pick on people, jump on their failures, criticize their faults--unless, of course, you want the same treatment. Don't condemn those who are down; that hardness can boomerang. Be easy on people; you'll find life a lot easier. Luk 6:38 Give away your life; you'll find life given back, but not merely given back--given back with bonus and blessing. Giving, not getting, is the way. Generosity begets generosity." (MSG).
Don’t you just love “THE LAW OF ECHOES”???